Silwer is ‘my’ midder’nag

Silver is Sy(she) …

My middernag

En my denke neem my na ‘n bekende plek

Net soos ‘n Gedig van Koos Kombuis

Hoe vinnig spoed onze dae verby?
Soos ‘n storm,

Of  ‘n Lente blom

Soos n Vlinder se vlerke

‘n Somer se son

Waar water na die wolk se breek
Die stad se skuim,

En Lente se reuk
Die voels praat met oortuiging … en hulle klink dieselfde hier, of daar in die boslveld

Net soos die Dominie se Donker preek
——–

Ek dink terug, en onthou sekere goed, maar ander het ek vergeet

Die skildery van Voortrekkers en Zulus

En die Vier Kleur kan ek onthou …

Die beesmis vloer, en gaas deur by die kombuis
Die plaasdam,  se swem

Desember se soet waatlemoen
Stywe pap en plaas botter

Netnou netnou agter op die bakkie na beeste Kraal
Witvoet die lieflingshond van Manie Maritz die Statebond Kampejoen

Piet die witbos kraai
Rapoela wat n trok kan draai

En Kasper, die African Grey pappegaai

‘ My Boesman’ … en haar stem (Beatrice) … dit kan ek onthou asof dit gister was
Die Kraal waar die Beeste Bulk
Was netnou Net

`n Paar dae terug gewees

Onze dae,
En Onze Liefde
Waar die soet Bosveld gras, en

Vinke ons omhels, en

Laat asem haal het
Al ons on’ontbeerlike herhinneringe

En vannaand (hier in Iraq) …. hardloop die weggooi hond weer , agter die bakkie aan
Sy blaf, en ek dink skielik weer terug aan witvoet, en my Oom Bekka …
Sy hardloop langs my soos ek met die grondpad ry –
Die Bosveld en ons Liefde ,

By die Krokodil rivier
Van’more le Makoppa weer

Reg voor die draai

Leave a comment